Moet ons Ou-Testamentiese Wette Volg?

Moet ons Ou-Testamentiese Wette Volg?

Eerstens, net voor ons daarop ingaan, wat beteken dit om die Torah te volg of om Torah Onderhoudend te wees? In die mees basiese definisies is dit 'n persoon wat die ou testamentwet volg soos die Jode gedoen het. So die vraag is dan, moet Christene dit doen..?

Nou, ek sal nie so ver gaan as om dit 'n sonde te noem nie, maar ons hoef nie. Dit net opsioneel. Hoekom sal ek dit eis? Wel, ons leef met die nuwe verbond, nie die ou een nie (Die ou verbond is gemaak vir die Jode om hulle te skei van ander mense van die tyd). Ons leer van hierdie konsep in die boek Jeremia. “Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.” ‭‭(JEREMIA‬ ‭31:31-33‬).

Nou kan mens die vraag vra, hoe weet ons ons is onder hierdie nuwe verbond? Wel, die Bybel sê vir ons so! 

“Dit is ook die geval met julle, my broers. Deur julle verbondenheid met die liggaam van Christus het julle gesterwe en staan julle nie meer onder die wet nie. Julle behoort nou aan iemand anders, aan Hom wat uit die dood opgewek is. Daarom moet ons nou 'n vrugbare lewe lei in diens van God. Toe ons nog 'n sondige lewensbestaan gevoer het, was die sondige hartstogte wat deur die wet wakker gemaak is, in elke deel van ons liggame werksaam en het ons vrugte gedra in diens van die dood. Maar nou is ons vrygemaak van die wet, want ons het gesterf en staan nie meer onder die wet waardeur ons gebind was nie. Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie.” (ROMEINE‬ ‭7:4-6‬).

Nog verse/gedeeltes wat bewys dat ons in die nuwe verbond leef:

“Deur van 'n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.” ‭‭(HEBREËRS‬ ‭8:13‬).

“Maar volgens die Skrif is die hele wêreld vasgevang in die greep van die sonde; die belofte word dus vir die gelowiges vervul alleen op grond van die geloof in Jesus Christus. Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.” (GALASIËRS‬ ‭3:22-24‬).